Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » toekoms
toekoms [boodskap #127074] So, 14 Julie 2019 19:03
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19324
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
toekoms
Afbreking: toe•koms




Selfstandige naamwoord: toekoms
Meervoud: toekomste
Verkleinwoord: toekomsie
Meervoud van verkleining: toekomsies

Betekenis:
• Die tyd wat kom; dit wat nog moet gebeur.

Gebruik:
• Wat hou die toekoms vir ons in?
• Die hede is 'n moment in tyd tussen die verlede en die toekoms.
• Die biologiese en geologiese toekoms van die Aarde kan min of meer bepaal word deur die uitwerking van verskeie langtermyninvloede te voorspel.

Antoniem:
• verlede

Afgelei:
• toekomsbeeld
• toekomsbehoeftes
• toekomsbeleid
• toekomsbelofte
• toekomsbeplanning
• toekomsblik
• toekomsdroom
• toekomsgebeure
• toekomsgeleenthede
• toekomsgerig
• toekomsgerigte
• toekomskunde
• toekomsmoontlikhede
• toekomsmotor
• toekomsmusiek
• toekomsperspektief
• toekomsplan
• toekomsprojeksie
• toekomsrol
• toekomstaak
• toekomstaal
• toekomstig
• toekomsverduistering
• toekomsverhaal
• toekomsvernietigend
• toekomsverwagting
• toekomsvisie
• toekomsvisioen
• toekomsvoorspeller
• toekomsvoorspelling
• toekomsweg
• toekoms-geskiedkundige

Vertaling:
Engels: future
Nederlands: toekomst

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: eed
Volgende onderwerp: blykbaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 19:53:48 MGT 2024