Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » eet
eet [boodskap #127072] So, 14 Julie 2019 18:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Seun wat 'n appel eet.
'n Seun wat 'n appel eet.
eet
Afbreking: eet
Uitspraak: /ɪət/




Werkwoord: eet
Verlede tyd: het geëet
Teenwoordige deelwoord: etende

Betekenis:
• Kos inneem deur dit te kou en in te sluk; voedsel nuttig.

Gebruik:
• Ons familie eet elke aan saam.

Spreekwoord:
Eet wat jy lus en ly wat daarop volg. ['n Waarskuwing aan iemand wat nie baie of ryk mag eet nie.]
• Hulle eet nie uit een bak nie. [Hulle kom nie met mekaar klaar nie.]
• Hy eet droë brood. [Hy is baie arm.]
• Hy eet genadebrood. [Van ander se goedgunstigheid afhanklik wees.]
• Hy eet letters. ['n Hooggeleerde persoon; iemand wat ver gestudeer het.]
• Hy eet met lang tande. [Hy eet met teësin.]
• Hy eet my ore van my kop af. [Eet besonder baie.]
• Hy eet oues dood en kleintjies groot. [Hy is vraatsugtig.]
• Hy eet uit my hand. [Hy is in my mag.]
• Hy eet die aartappels met broek en baadjie. [Met die skil; net soos dit is.]
• Hy eet die hare van die hond. [Hy is babbelas.]
• Met 'n vurk sop eet. [Die onmoontlike probeer doen.]
• 'n Mens moenie almal uit een pappot wil eet nie. [Twee families moenie ondertrou.]
• 'n Verandering van spys laat eet. [Verandering van 'n gewoonte wek nuwe belangstelling.]
• Wie heuning wil eet, moet steke dra. [Wie iets besonders wil hê, moet daarvoor betaal.]
• Wie met die duiwel uit een skottel eet, moet 'n lang lepel hê. [Wie met slegte mense sake doen, moet verwag om gekul te word.]
• Wie nie werk nie, sal nie eet nie. [As iemand te lui is om te werk, sal hy gebrek ly.]
• Wie se brood 'n mens eet, dié se woord 'n mens spreek. [Jy steun die persoon van wie jy vir jou bestaan afhanklik is.]
• Die ou profete is dood en die jonges eet brood. [Skertsend gesê van iemand wat sonder genoegsame grond voorspellings maak.]

Sinoniem:
• vreet
• verorber
• inneem
• nuttig

Antoniem:
• vas

Afgelei:
• eetgoed
• eetkamer
• eetlepel
• eetsaal

Verwant:
• ete

Homofoon:
• eed (lê 'n eed of belofte af)

Vertaling:
Engels: to eat, dine
Nederlands: eten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: daaraan
Volgende onderwerp: eed
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 29 01:18:09 MGT 2024