Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hande
hande [boodskap #127070] So, 14 Julie 2019 08:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19110
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Hande
Hande
hande
Afbreking: han•de
Uitspraak: /ˈɦɑn(d)ə/



Selfstandige naamwoord: hand
Meervoud: hande
Verkleinwoord: handjie
Meervoud van verkleining: handjies

Betekenis:
• Meervoud van hand; meer as een hand. Liggaamsdele van mense met vyf vingers, gebruik om mee te vat en te werk.

Gebruik:
• 'n Mens het twee hande en twee voete.
• Die pianis se hande gly moeiteloos oor die klawers.

Spreekwoord:
• Baie hande maak ligte werk. [As almal help, is 'n taak maklik.]
• Die hande saamslaan. [Jou verbasing wys.]
• Die leisels in die hande neem. [Die leiding neem.]
• Die roer in die hande hê. [Die saak bestuur.]
• Dit het in vreemde hande geval. [Dit het die eiendom van vreemdelinge geword.]
• Ek het net twee hande. [Wanneer onredelik baie werk van iemand verwag word.]
• As twee hande mekaar was, word albei skoon. [Deur 'n ander te help, word 'n mens self gehelp.]
• Ek is so oud soos my hande, maar nie so oud soos my tande. [Grappenderwys gesê as iemand wil weet hoe oud 'n persoon is.]
• Ek sal my hande nie daaraan sit nie. [Ek sal dit nie aanraak nie.]
• Ek sit met my hande in die hare. [Ek kan nie 'n oplossing vind nie.]
• Hy het botter aan sy hande. [Onhandig wees.]
• Hy het my onder hande geneem. [Hy het my berispe.]
• Hy is soos deeg in haar hande. [Hy is sterk onder haar invloed.]
• Hy sit daar met ronde hande. [Hy is lui.]
• Hy was sy hande in onskuld. [Hy wil nie skuld vir iets aanvaar nie.]
• 'n Mens kan nie yster met hande breek nie. ['n Mens kan nie die onmoontlike doen nie.]
• Sagte hande maak stinkende wonde. [In ernstige omstandighede moet kras opgetree word.]
• Sy hande jeuk altyd. [Hy het baie lus om iets te doen.]
• Sy hande staan vir niks verkeerd nie. [Hy kan alles doen.]
• Sy het haar hande vol. [Sy is baie besig.]
• Sy het my hande gesterk. [Sy het my ondersteun.]
• Sy is bang om haar hande in koue water te steek. [Hande-arbeid vermy.]
• Sy sit daar met gevoude hande. [Sy doen niks nie.]

Wisselvorm:
• hanne

Afgelei:
• hande-viervoet

Vertaling:
Engels: hands
Nederlands: handen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sat
Volgende onderwerp: daaraan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 05:54:08 MGT 2024