Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bloot
bloot [boodskap #127065] So, 14 Julie 2019 08:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18914
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bloot
Afbreking: bloot




Byvoeglike naamwoord: bloot
Attributief: blote

Betekenis:
• Kaal en oop, sonder bedekking of beskerming.
• Net; eenvoudig.

Gebruik:
• Ons het daardie nag onder die blote hemel geslaap. Hulle het bloot op die stand gelê en bak.
• Sy was bloot ongelukkig.

Spreekwoord:
• Oop en bloot. [Dit word nie verbloem nie.]

Sinoniem:
• naak
• kaal

Afgelei:
• blootstel
• blootlê
• ontbloot

Vertaling:
Engels: bare, naked, nude; mere
Nederlands: bloot

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: snaaks
Volgende onderwerp: oomblik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 17:08:04 MGT 2024