Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stuur
stuur [boodskap #127056] Sa, 13 Julie 2019 19:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19471
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Stuurwiel van 'n motorkar.
Stuurwiel van 'n motorkar.
stuur
Afbreking: stuur




Werkwoord: stuur
Verlede tyd: het gestuur

Betekenis:
• Die rigting van 'n voertuig of vaartuig bepaal.
• Sorg dat iets of iemand 'n bepaalde doel of bestemming bereik.
• As 'n voorwerp of situasie in 'n bepaalde rigting beweeg of ontwikkel.

Gebruik:
• Die kaptein stuur die boot behendig om die hindernisse.
• Sy stuur 'n brief aan Mannetjies Roux. Kan ek jou stuur om vir ons brood te koop?
• Sy onverwagte koms stuur hulle planne in die war. Die land stuur op ’n rampspoedige afgrond af.

Spreekwoord:
• Hot en haar stuur. [Doelloos rondstuur.]
• Ek stuur hom droomland toe. [Aan die slaap gemaak.]
• Iemand ’n brander stuur. [Iemand ’n kwaai brief stuur.]
• Van bakboord na stuurboord stuur. [Iemand doelloos rondstuur.]
• Van Pontius na Pilates stuur. [Iemand doelloos rondstuur.]
• Dit help nie om druiwe Boland toe te stuur nie. [Iets doen wat heeltemal onnodig is.]

Afgelei:
• terugdraai
• terugkrabbel
• terugskiet
• terugslaan
• terugslag
• terugstoot
• terugstuur
• terugtrek
• terugtree
• terugvoer

Vertaling:
Engels: to send, direct, steer, guide
Nederlands: sturen
Xhosa: thumela
Zoeloe: thumela


Selfstandige naamwoord: stuur
Meervoud: sture

Betekenis:
• Toestel om mee te bestuur; hulpmiddel waarmee die bestuurder rigting aan 'n voertuig gee.
• Die handeling van bestuur; beheer hê.

Gebruik:
• Hou die fiets se stuur styf vas, anders gaan jy val.
• Wie kan die stuur van die maatskappy by hom oorvat?

Vertaling:
Engels: wheel, steering-wheel, handles, rudder
Nederlands: stuur

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: foute
Volgende onderwerp: verbeter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 30 09:56:44 MGT 2024