Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » heel
heel [boodskap #126998] Wo, 10 Julie 2019 12:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
heel
Afbreking: heel




Byvoeglike naamwoord: heel
Attributief: hele

Betekenis:
• Nie gebroke of stukkend nie; in een stuk; in sy geheel.
• Sonder uitsondering; in alle dele.
• Aansienlik, volledig of heeltemal.

Gebruik:
• Die blompot het geval, maar tog heel gebly.
• Dit is in die hele wêreld die geval.
• Dit sal die hele dag duur. Ons sal 'n hele ent moet ry om daar te kom.

Antoniem:
• gebreek
• stukkend

Afgelei:
• heeltemal

Vertaling:
Engels: whole, entire, complete.
Nederlands: heel


Werkwoord: heel
Verlede tyd: het geheel
Teenwoordige deelwoord: helende

Betekenis:
• Om gesond te word; te genees.

Gebruik:
• Die wond sal nie heel as jy dit nie versorg nie.

Spreekwoord:
• Tyd heel alle wonde. [Moenie moed verloor nie; beter dae kom.]

Vertaling:
Engels: to heal, cure
Nederlands: helen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ensiklopedie
Volgende onderwerp: verkeerd
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 12:48:41 MGT 2024