Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ensiklopedie
ensiklopedie [boodskap #126997] Wo, 10 Julie 2019 11:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Ensiklopedie op 'n boekrak.
'n Ensiklopedie op 'n boekrak.
ensiklopedie
Afbreking: en•si•klo•pe•die
Uitspraak: /ˌɛnsiˌklʊəpəˈdi/




Selfstandige naamwoord: ensiklopedie
Meervoud: ensiklopedieë
Verkleinwoord: ensiklopedietjie
Meervoud van verkleining: ensiklopedietjies

Betekenis:
• 'n Werk wat inligting oor alle fasette van die wetenskap en kuns bevat. 'n Gestruktureerde en geskrewe versameling van menslike kennis, in boekvorm of digitaal.

Gebruik:
• Geskrifte met 'n ensiklopediese omvang is al sedert die vroeë menslike geskiedenis saamgestel, maar die term, ensiklopedie, is eers vanaf die 16de eeu gebruik om daarna te verwys.

Spreekwoord:
• Hy is 'n wandelende ensiklopedie. [Iemand wat baie praat en klaarblyklik iets van als weet.]

Hiponiem:
• kinderensiklopedie

Vertaling:
Engels: encyclopedia
Nederlands: ensyklopedie, enzyklopedie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: noem
Volgende onderwerp: heel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 29 06:16:13 MGT 2024