Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sommer
sommer [boodskap #126993] Wo, 10 Julie 2019 10:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19533
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sommer
Afbreking: som•mer




Bywoord: sommer

Betekenis:
• Vir geen spesifieke rede nie.
• Maklik; vanself.
• Terselfdertyd; in die verbygaan.

Gebruik:
• Hy het sommer die foon neergesit. Sy het sommer begin huil.
• Gekookte eiers breek nie sommer nie.
• Sê sommer vir jou sussie sy moet kom eet.

Spreekwoord:
• Hy is sommer net suur. [Nors.]
• Dis sommer wolhaarstories. [Sommer snert.]
• Dit val sommer uit die wolke. [Onverwags verskyn.]
• Hy is sommer 'n aap op 'n bokstert. [Hy is 'n onbenullige, onbelangrike persoon.]
• Sy is sommer net dwars teen die draad. [Weerbarstig.]
• Hy is sommer 'n lamsak. ['n Niksbeduidende, ruggraatlose vent.]
• Sy is sommer nog 'n kuiken. ['n Pure kind.]
Sommer het nie rede nie, want skilpad dra nie vere nie. [Aan iemand gesê wat die rede vir sy optrede aangee as "sommer".]
• Plesier is nes 'n jong komkommer; as jy hom pluk, verlep hy sommer. [Plesier verloor sy aantreklikheid as 'n mens dit eers geniet.]

Vertaling:
Engels: just because; merely, with no reason, without further ado

Nota:
• Pas op om nie "sommer" met "somer" (die seisoen) te verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: daai
Volgende onderwerp: egter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 09 00:30:29 MGT 2024