Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » balein
balein [boodskap #126954] So, 07 Julie 2019 10:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20273
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Balein
Balein
balein
Afbreking: ba•lein



Selfstandige naamwoord: balein
Meervoud: baleine

Betekenis:
• 'n Horingagtige maar veerkragtige stof van die walvisbek; oorspronklik 'n neweproduk van die walvisvangs.
• 'n Dun, plat en soepel strook van 'n buigsame materiaal wat daaraan herinner.

Gebruik:
• Die kam is van balein vervaardig.
• 'n Sambreel se skerm word deur baleine (speke) ondersteun.

Sinoniem:
• walvisbaard
• walvisbeen

Vertaling:
Engels: baleen, whale-bone
Nederlands: balein

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: horing
Volgende onderwerp: molshoop
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 28 15:22:29 MGT 2024