Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » riet
riet [boodskap #126950] So, 07 Julie 2019 08:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20273
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Riete
Riete
riet
Afbreking: riet
Uitspraak: /rit/




Selfstandige naamwoord: riet
Meervoud: riete
Verkleinwoord: rietjie
Meervoud van verkleining: rietjies

Betekenis:
• (plantkunde) Grasagtige plant van die familie Poaceae wat langs riviere en in vleilande groei.
• Lang, dun stokke met litte van die rietplant.

Gebruik:
• 'n Riet kan 1 tot 3 meter hoog word.
• Die skuiling se dak is met riete gedek.

Spreekwoord:
• Hy stuur my met 'n kluitjie in die riet. [Iemand met mooi praatjies van die spoor af bring.]

Afgelei:
• dekriet
• rietdak
• rietbos
• rietfluitjie
• rietpluim
• rietsuiker
• rietvlei
• soetriet
• suikerriet

Vertaling:
Engels: reed
Nederlands: riet

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: z
Volgende onderwerp: saffraan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 28 15:28:18 MGT 2024