Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kameelperd
kameelperd [boodskap #126898] Vr, 05 Julie 2019 07:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18916
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kameelperd.
'n Kameelperd.
kameelperd
Afbreking: ka•meel•perd
Samestelling: kameel + perd
Uitspraak: /kɑˈmiə̯ɫpɛːrt/, /kəˈmiə̯ɫpɛːrt/




Selfstandige naamwoord: kameelperd
Meervoud: kameelperde
Verkleinwoord: kameelperdjie
Meervoud van verkleining: kameelperdjies

Betekenis:
• 'n Herkouende soogdier met 'n lang nek en bene, klein horinkies, en geel en bruin vlekke op die vel in die familie Giraffidae.

Gebruik:
• Die kameelperd kom algemeen in die nasionale parke in die noorde van Suid-Afrika voor.

Afgelei:
• kameelperdbul
• kameelperdkalf
• kameelperdkoei

Vertaling:
Engels: giraffe
Latyn: camelopard
Nederlands: kameelpaard, giraffe

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sterrewag
Volgende onderwerp: duikboot
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 11:04:14 MGT 2024