Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » keel
keel [boodskap #126891] Do, 04 Julie 2019 19:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19481
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die kop en keel van 'n mens.
Die kop en keel van 'n mens.
keel
Afbreking: keel
Uitspraak: /kiə̯ɫ/




Selfstandige naamwoord: keel
Meervoud: kele
Verkleinwoord: keeltjie
Meervoud van verkleining: keeltjies

Betekenis:
• (anatomie) Voorste uitwendige gedeelte van die nek, met die sluk- en asemhalingsorgane daarin.
• Inwendige ruimte agter die kleintongetjie tot ongeveer waar die nek ophou.
• Voorwerp wat op 'n keel lyk of daaraan laat dink.

Gebruik:
• Hy het die skaap se keel afgesny.
• Sy het verkoue en haar keel is seer.

Spreekwoord:
• Die herkoutjie spring in haar keel. [Sy sukkel om iets te sê wat sy wil sê.]
• Die mes op iemand se keel sit. [Iemand dwing om iets te doen.]
• Dit laat my keel toetrek. [Dit maak my benoud.]
• Dit steek my dwars in die keel. [Dit wek teësin.]
• Hy het 'n padda in sy keel. [Hy is hees.]
• Hy hou sy duim op my keel. [Iemand volkome beheer.]
• Sy jaag alles deur daar keel. [Jou besittings aan sterk drank verkwis.]
• Hy spring in my keel af. [Met iemand raas.]
• Iets in iemand se keel afdruk. [Iemand dwing om iets teen sy sin te doen.]
• Jou eie keel afsny. [Jou eie ondergang bewerk.]
• Sy baard groei deur sy keel. [Gesê wanneer 'n seun se stem breek.]
• Sy hart klop in sy keel. [Hy is baie benoud.]
• Sy keel is met blik uitgevoer. [Hy kan baie warm vloeistowwe drink.]

Verwant:
• keelgat
• keelpyn
• keelpyp
• keelseer
• keel-af

Vertaling:
Engels: throat, gulle
Nederlands: keel
Xhosa: ummizo
Zoeloe: umminzo, umphimbo

Nota:
• Pas op om nie "keel" met "keël" te verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: krokodil
Volgende onderwerp: jonk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 30 23:46:42 MGT 2024