Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dagga
dagga [boodskap #126884] Do, 04 Julie 2019 15:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19481
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Blare van die daggaplant.
Blare van die daggaplant.
dagga
Afbreking: dag•ga
Uitspraak: /ˈda.xa/




Selfstandige naamwoord: dagga
Meervoud:

Betekenis:
• (plantkunde) 'n Geharde struikagtige plant in die genus Cannabis wat byna oral kan groei.
• (medies) Die blare van die daggaplant wat as dwelmmiddel gerook word.

Gebruik:
• In sekere lande is dit wettig om dagga vir persoonlike gebruik te groei.
Dagga het ook medisinale waarde, soos om pyn ná operasies te verlig.

Sinoniem:
• aaptwak
• boom
• duiwelstwak
• dwaalbos
• elektriese spinasie
• giggelgras
• karatetwak
• papegaaislaai
• Tarzan-twak
• rondkyktwak
• wildepietersielie
• wonderboom

Hiperoniem:
• kannabis

Afgelei:
• daggapyp
• daggaroker
• daggazol

Vertaling:
Engels: hemp, dagga, marijuana
Nederlands: marihuana, wiet

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wa
Volgende onderwerp: rooibok
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jul 01 00:14:32 MGT 2024