Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skop
skop [boodskap #126878] Wo, 03 Julie 2019 21:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19481
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Sokkerspeler wat die bal in die lug skop.
Sokkerspeler wat die bal in die lug skop.
skop
Afbreking: skop




Werkwoord: skop
Verlede tyd: het geskop
Teenwoordige deelwoord: skopende

Betekenis:
• Met die voet/poot tref sodat iets beweeg.
• (figuurlik) Verset; weerstand bied.

Gebruik:
• Ek het hom nie geskop nie, ek het net gedans en hy was in my pad.
• Die kind skop nog teen die skool se streng reëls.

Spreekwoord:
• Hy skop die emmer. [Gaan dood.]
• Hy skop 'n baan op. [Rusie, lawaai maak.]
• Ek kan myself skop. [Ek is baie spyt.]
• Hy lieg soos tien perde skop. ['n Baasleuenaar.]
• Iemand sand in die oë skop. [Iemand bedrieg.]
Skop teen die prikkels. [Weerspannig wees.]
• Vir die kat kwaad wees en die hond skop. [Jou op 'n onskuldige persoon wreek as jy kwaad is.]
• Van 'n donkie moet jy 'n skop verwag. [Van 'n onbeskofte persoon moet jy slegte behandeling verwag.]
• Die maerste perd skop die seerste. ['n Mens word dikwels teleurgestel deur iemand van wie jy dit die minste verwag.]

Vergelyking:
Skop soos 'n volstruis.

Vertaling:
Engels: to kick; to offer resistance
Nederlands: schoppen


Selfstandige naamwoord: skop
Meervoud: skoppe
Verkleinwoord: skoppie
Meervoud van verkleining: skoppies

Betekenis:
• 'n Trap met die voet of poot.
• (gereedskap) 'n Tipe graaf met 'n hol blad; skopgraaf.

Gebruik:
• Sy het haar bakkie met skreeuende remme tot stilstand gebring, die rower bygedam, hom 'n gedugte skop gegee en gebulder: "Los my uit!"
• Ma vee die krummels in die skoppie in.

Spreekwoord:
• Nog baie skop hê. [Nog gereken; aan die gang.]
• 'n Mens kan van 'n esel altyd 'n skop verwag. [Van 'n slegte persoon kan 'n mens altyd verwag om sleg behandel te word.]

Afgelei:
• skopboks
• skopgraaf
• skopper
• skoppery

Vertaling:
Engels: kick, recoil; shovel, scoop, spade
Nederlands: schop

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: medisyne
Volgende onderwerp: belowe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 30 23:47:12 MGT 2024