Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » polisie
polisie [boodskap #126875] Wo, 03 Julie 2019 20:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19481
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Polisiebeamptes
Polisiebeamptes
polisie
Afbreking: po•li•sie




Selfstandige naamwoord: polisie
Meervoud:

Betekenis:
• Regeringsdiens belas met die handhawing van wet en orde, die bekamping van misdaad en opsporing van wetsoortreders.

Gebruik:
• Die polisie ondersoek die saak.
• Mense wat vir die polisie werk word polisiebeamptes genoem en werk by 'n polisiestasie onder die stasiebevelvoerder.

Hiponiem:
• sedepolisie
• verkeerspolisie

Afgelei:
• polisie-eenheid
• polisiebeampte
• polisiediens
• polisieër
• polisiekantoor
• polisiekar
• polisielid
• polisiemag
• polisieman
• polisieondersoek
• polisiestasie
• polisievoertuig
• polisievrou
• polisiewa
• polisiewoordvoerder

Vertaling:
Engels: police
Nederlands: politie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: heide
Volgende onderwerp: seekoei
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 30 23:55:59 MGT 2024