Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kaas
kaas [boodskap #126870] Wo, 03 Julie 2019 19:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19471
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Kaashappies
Kaashappies
kaas
Afbreking: kaas
Uitspraak: /kɑːs/




Selfstandige naamwoord: kaas
Meervoud: kase
Verkleinwoord: kasie
Meervoud van verkleining: kasies

Betekenis:
• Voedsel wat van dikmelk, die gestolde melk van koeie en ander soogdiere, vervaardig word.

Gebruik:
Kaas dit en geniet dit!
Kaas is een van die oudste bekende voedselsoorte en ook die oudste manier om melk te bewaar.

Spreekwoord:
• Hy dink hy is kaas. [Hy dink baie van homself.]
• Hy glo die maan is van kaas gemaak. [Hom enigiets laat wysmaak.]
• As dikmelk kaas geword het. [As 'n doodgewone persoon weens voorspoed verwaand geword het.]

Hiponiem
• bloukaas
• cheddarkaas
• goudakaas
• maaskaas
• mozarellakaas

Afgelei:
• kaasagtig
• kaasbak
• kaasblokkie
• kaasbord
• kaasfabriek
• kaasfondue
• kaasgereg
• kaashandel
• kaaskoek
• kaaskop
• kaasmaker
• kaasmes
• kaasrasper
• kaastoebroodjie

Vertaling:
Engels: cheese
Nederlands: kaas

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: konsonant
Volgende onderwerp: rekenaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 30 10:36:43 MGT 2024