Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bas
bas [boodskap #126866] Wo, 03 Julie 2019 15:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19471
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Boombas
Boombas
bas
Afbreking: bas
Uitspraak: /bɑs/




Selfstandige naamwoord: bas
Meervoud: basse
Verkleinwoord: bassie
Meervoud van verkleining: bassies

Betekenis:
• (plantkunde) Die buitenste omhulsel van die takke en stamme van houtagtige plante soos bome.
• Die vel of lyf van 'n mens of dier, in besonder die agterstewe.

Gebruik:
• Die bas beskerm die plant teen aanslae van buite.
• Jou pa gaan die velle van jou bas aftrek as jy stokkiesdraai.

Spreekwoord:
• Iemand op sy bas gee. [Iemand 'n pak slae gee.]
• Alles aan jou bas hang. [Te veel vir klere uitgee.]
• Daar sal jy geen bas afmaak nie. [Jy sal nie slaag nie.]
• Dit gaan so tussen die boom en die bas. [Dit gaan so-so. Nie goed nie en ook nie sleg nie.]
• Tussen die bas, meer los as vas. [Taamlik middelmatig.]
• Van die naald af aan die bas. [Gesê van 'n nuwe kledingstuk wat dadelik aangetrek word.]

Vertaling:
Engels: bark, rind; skin
Nederlands: bast, schors


Selfstandige naamwoord: bas
Meervoud: basse

Betekenis:
• (musiek) Die laagste manstem.
• 'n Sanger met so 'n stem.

Gebruik:
• Die bas is laer as die bariton.
• Frederick Dalberg is 'n operasanger wat as bas hoë aansien in die buiteland verwerf het.

Afgelei:
• bas-stem
• bas-snaar

Vertaling:
Engels: base
Nederlands: bas

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: pens
Volgende onderwerp: outentiek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 30 09:57:42 MGT 2024