Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » pens
pens [boodskap #126865] Wo, 03 Julie 2019 07:36
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19471
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Iemand se pens steek uit.
Iemand se pens steek uit.
pens
Afbreking: pens




Selfstandige naamwoord: pens
Meervoud: pense
Verkleinwoord: pensie
Meervoud van verkleining: pensies

Betekenis:
• (anatomie) (biologie) Die eerste deel van die maag van 'n herkouer (soos 'n bees).
• (voeding) 'n Gereg wat van die pens berei word; afval.
• (informeel) Die buik; veral 'n boepmaag.

Gebruik:
• Die veearts het tot sy verbasing 'n plastieksak die dier se pens ontdek.
• Ons eet vanaand pens.
• Die man het 'n lekker pens aan hom.

Spreekwoord:
• Pens en pootjies. [Met jou hele liggaam.]

Sinoniem:
• maag
• buik
• abdomen

Afgelei:
• grootpens
• netpens
• ruitjiespens
• blaarpens
• melkpens

Vertaling:
Engels: rumen, paunch; tripe; gut, belly
Nederlands: pens, buik
Xhosa: ulusu

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bepaald
Volgende onderwerp: bas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 30 10:43:47 MGT 2024