Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dief
dief [boodskap #126840] Ma, 01 Julie 2019 07:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19471
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dief
Afbreking: dief




Selfstandige naamwoord: dief
Meervoud: diewe
Verkleinwoord: diefie
Meervoud van verkleining: diefies

Betekenis:
• 'n Persoon of dier wat goed steel.

Gebruik:
• Hy kan die dief aan die pen laat ry, of sy familie se naam beskerm.

Spreekwoord:
• Een dief met 'n ander vang. ['n Skelm weet hoe skelms te werk gaan.]
• Elkeen is 'n dief in sy nering. [Elkeen sorg vir homself eerste.]
• Die geleentheid maak die dief. [As iets oop, onbewaak lê, lok dit diefstal uit.]
• Eers gegee en dan geneem, is erger as 'n dief gesteel. ['n Mens moenie iets neem en dan weer terugneem nie.]

Sinoniem:
• rower

Antoniem:
• skenker
• gewer

Afgelei:
• dagdief
• diefwering
• grypdief
• hartedief
• hoenderdief
• letterdief
• wilddief

Verwant:
• boef
• sakkeroller

Vertaling:
Engels: thief
Nederlands: dief

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: oorlams
Volgende onderwerp: verwysing
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 30 10:32:42 MGT 2024