Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » muis
muis [boodskap #126831] So, 30 Junie 2019 19:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Muis.
'n Muis.
muis
Afbreking: muis
Uitspraak: /ˈmœʏ̯s/




Selfstandige naamwoord: muis
Meervoud: muise
Verkleinwoord: muisie
Meervoud van verkleining: muisies

Betekenis:
• (soogdier) Knaagdiertjie met 'n spits snuit, 'n lang stert en relatief groot oë en ore.
• (rekenaarwetenskap) Invoerapparaat vir 'n rekenaar wat 'n wyser op 'n rekenaarskerm laat beweeg.

Gebruik:
• Die kat jaag 'n muis.
• Beweeg die muis tot oor die dokument en klik daarop om dit oop te maak.

Vergelyking:
• So stil soos 'n muis. [Baie stil.]
• So vas soos 'n muis in 'n kalbas. [Heeltemal vasgekeer.]

Spreekwoord:
• Met man en muis vergaan. [Niemand kon gered word nie.]
• As die kat weg is, is die muis baas. [Wanneer die baas weg is, maak die onderhoriges net wat hulle wil.]
• Die berg het 'n muis gebaar. [Dit waarna iemand so gretig uitgesien het, het toe op niks uitgeloop nie.]
• As die muis vol is, is die meel bitter. [As 'n mens genoeg geëet het, smaak die kos nie meer lekker nie.]
• As die kat dik is, smaak die muis bitter. [As iemand genoeg geëet het, smaak die kos nie meer lekker nie.]

Afgelei:
• muisagtig
• muisgat
• muisklein
• muisnes
• muisstil
• muisval
• tandmuis
• muisvanger

Verwant:
• rot

Vertaling:
Engels: mouse
Nederlands: muis

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sebra
Volgende onderwerp: seisoen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 09:56:14 MGT 2024