Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » honde
honde [boodskap #126798] Sa, 29 Junie 2019 10:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Oubaas se honde.
Oubaas se honde.
honde
Afbreking: hon•de
Uitspraak: /ˈɦondə/, /ˈɦoːnə/




Selfstandige naamwoord: hond
Meervoud: honde
Verkleinwoord: hondjie
Meervoud van verkleining: hondjies

Betekenis:
• Meervoud van hond; meer as een hond.

Gebruik:
• Die honde blaf vir die katte.

Spreekwoord:
• Dit reën katte en honde. [Dit reën vreeslik hard.]
• Dooie honde byt nie. [Die dooies is onskadelik.]
• Baie honde is 'n haas se dood. [Deur samewerking kan 'n mens baie dinge verrig.]
• Blaffende honde byt nie. [Wie dreig of raas, hoef 'n mens nie te vrees nie.]
• Blaf saam met die honde en huil saam met die wolwe. [Stem met persone van verskillende menings saam.]
• Deur jou eie honde gebyt. [Deur jou eie mense benadeel word.]
• Hy blaf met alle honde saam. [Geen eie mening hê nie en ander napraat.]
• Jy dek tafel vir die honde. [Jou hemp hang uit.]
• Kommandeer jou eie honde en blaf self. [Doen self wat jy voorstel en moenie verwag ander moet dit doen nie.]
• Met onwillige honde kan 'n mens nie hase vang nie. ['n Mens kan niks uitrig met mense wat dwarstrek nie.]
• Moenie slapende honde wakker maak nie. [Laat onaangeroer wat onaangename gevolge kan hê.]
• Wie honde het, blaf nie self nie. [As 'n mens ander het om te beveel, doen jy nie self die werk nie.]
• Twee honde om een been, die derde loop daarmee heen. [As twee mense om een ding twis, kom dit dikwels in die besit van 'n ander persoon.]

Vertaling:
Engels: dogs
Nederlands: honden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: koffie
Volgende onderwerp: glimlag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 01:47:19 MGT 2024