Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » koffie
koffie [boodskap #126797] Sa, 29 Junie 2019 10:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19810
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Heerlike koppie koffie.
'n Heerlike koppie koffie.
koffie
Afbreking: kof•fie
Uitspraak: /ˈkɔ.fi/




Selfstandige naamwoord: koffie
Meervoud: koffies
Verkleinwoord: koffietjie
Meervoud van verkleining: koffietjies

Betekenis:
• 'n Warm drankie met swarterige kleur wat van koffiebone gemaak word.
• Geroosterde en gemaalde koffiebone van die koffieplant.
• Die koffieplant (Coffea arabica) waaraan koffiebone groei.

Gebruik:
• Maak asseblief vir ons koffie.
• Die koffie is op, ons sal nog moet gaan koop.
Koffie word in verskeie lande verbou.

Spreekwoord:
• Die melk uit iemand se koffie steel. [Fyn skelm wees.]
Koffie drink soos die kan dit skink. [Tevrede wees met wat jy kry.]

Sinoniem:
• boeretroos
• sawwelyf

Hiponiem:
• boerekoffie
• filterkoffie
• kitskoffie
• moerkoffie

Afgelei:
• koffiefles
• koffiemeule
• koffiemoer

Vertaling:
Engels: coffee
Nederlands: koffie
Xhosa: ikofu

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: haan
Volgende onderwerp: honde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Aug 08 04:35:26 MGT 2024