Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » haan
haan [boodskap #126796] Sa, 29 Junie 2019 10:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19548
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Haan en hen met hul kuikens op 'n plaas.
'n Haan en hen met hul kuikens op 'n plaas.
haan
Afbreking: haan
Uitspraak: /ɦɑːn/




Selfstandige naamwoord: haan
Meervoud: hane
Verkleinwoord: haantjie
Meervoud van verkleining: haantjies

Betekenis:
• (voël) 'n Manlike hoender of hoenderagtige voel; mannetjie(s)hoender.
• Onderdeel van 'n vuurwapen wat oorgehaal word en toeklap as die sneller getrek word.
• 'n Man wat gewild is onder die meisies.

Gebruik:
• Manlike hoender word 'n haan genoem, en 'n vroulike hoender staan as 'n hen bekend.
• As gevaar dreig moet jy by voorbaat jou rewolwer se haan span.
• Koos is 'n regte haan onder die henne.

Spreekwoord:
• Daar sal nooit 'n haan na kraai nie. [Niemand sal dit ooit weet nie.]
• Elke haan is koning op sy eie mishoop. [Elkeen voel hom baas op sy eie gebied.]
• Hy lyk soos 'n haan waarvan die stertvere uitgepluk is. [Hy lyk maar verwaarloos.]
• Sy haan moet altyd koning kraai. [Hy moet altyd sy sin kry.]
• Die haan kraai baie harder as die hen wat die eier gelê het. [Gesê van iemand wat hom lof aanmatig wat hom nie toekom nie.]
• As Petrus by is, praat 'n mens nie van die haan nie. [Dit is taktloos as jy oor iemand se onaangenaamhede uit die verlede praat.]

Antoniem:
• hen

Vertaling:
Engels: cock, rooster; hammer; charmer, lady's man
Nederlands: haan
Swazi: lichudze
Venda: mukukulume
Xhosa: umqhagi
Zoeloe: iqhude, ingqoza

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: olifant
Volgende onderwerp: koffie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jul 13 05:39:37 MGT 2024