Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skoen
skoen [boodskap #126791] Sa, 29 Junie 2019 08:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19446
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Skoen met veters.
'n Skoen met veters.
skoen
Afbreking: skoen
Uitspraak: /skun/




Selfstandige naamwoord: skoen
Meervoud: skoene
Verkleinwoord: skoentjie
Meervoud van verkleining: skoentjies

Betekenis:
• Skoeisel vir voete; bekleedsel om die voete te beskerm en warm te hou.

Gebruik:
• 'n Skoen beskik meesal oor 'n hak en bedek die voet, maar daar is baie vorme en style wat aan die mode onderhewig is.

Spreekwoord:
• As die skoen pas, trek hom aan. [As jy skuldig voel, moet jy wat gesê is, op jouself toepas.]
• Hy weet waar die skoen hom druk. [Hy weet presies waar die moeilikheid is.]

Hiponiem:
• houtskoen
• hoëhakskoen
• kinderskoen

Afgelei:
• handskoen
• remskoen
• skoensool
• skoenveter

Verwant:
• stewel
• sandaal
• tekkie

Vertaling:
Engels: shoe, boot
Nederlands: schoen
Xhosa: isihlangu 7

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vakansie
Volgende onderwerp: plantasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 28 00:17:59 MGT 2024