Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » boot
boot [boodskap #126753] Di, 25 Junie 2019 06:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20273
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Russiese patrollieboot.
'n Russiese patrollieboot.
boot
Afbreking: boot
Uitspraak: /bʊət/




Selfstandige naamwoord: boot
Meervoud: bote
Verkleinwoord: bootjie
Meervoud van verkleining: bootjies

Betekenis:
• 'n Watervaartuig wat met spane, 'n seil of 'n motor op water vorentoe beweeg word (gewoonlik groter as 'n skuit, maar heelwat kleiner as 'n skip).

Gebruik:
• Die kinders roei met 'n boot oor die water.

Sinoniem:
• skip
• skuit

Hiperoniem:
• vaartuig

Hiponiem:
• handelsboot
• motorboot
• passasiersboot
• patrollieboot
• reddingsboot
• rivierboot
• roeiboot
• seilboot
• skiboot
• sleepboot
• snelboot
• stoomboot
• veerboot
• vissersboot
• vragboot

Vertaling:
Engels: boat, steamer
Nederlands: boot

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: mot
Volgende onderwerp: koop
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 28 13:12:27 MGT 2024