Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » passief
passief [boodskap #126748] Ma, 24 Junie 2019 18:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
passief
Afbreking: pas•sief
Uitspraak: /pɑˈsif/



Byvoeglike naamwoord: passief
Vergrotende trap: passiewer
Oortreffende trap: passiefste
Attributief: passiewe

Betekenis:
• Wat nie selfstandig werksaam is nie; nie-handelend; verdraend.

Gebruik:
• Ware geloof is nie passief nie, maar word deur dade ondersteun.

Sinoniem:
• lydelik

Antoniem:
• aktief

Verwant:
• passiwiteit
• pasifis

Vertaling:
Engels: passive
Nederlands: passief


Selfstandige naamwoord: passief
Meervoud:

Betekenis:
• Sinvorm waaruit dit grammaties blyk dat iets of iemand waarop die handeling gerig is 'n onderwerp is en iets waarvan die handeling uitgaan 'n bepaling is.

Gebruik:
• Die passief van die sin "Die man was die kar" is "Die kar word deur die man gewas".

Sinoniem:
• lydende vorm

Vertaling:
Engels: passive voice
Nederlands: passief

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: blaar
Volgende onderwerp: gedig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 22:36:43 MGT 2024