Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » somer
somer [boodskap #126734] So, 23 Junie 2019 16:12
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18896
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
somer
Afbreking: so•mer
Uitspraak: /ˈsuə̯mər/




Selfstandige naamwoord: somer
Meervoud: somers
Verkleinwoord: somertjie
Meervoud van verkleining: somertjies

Betekenis:
• (meteorologie) Die seisoen tussen lente en herfs; die warmste jaargety.

Gebruik:
• In die Suidelike Halfrond val die maande Desember, Januarie en Februarie in die somer.

Spreekwoord:
• Een mooi dag maak nie die somer nie. [Mens kan nie na een geval veralgemeen nie.]
• Een swaeltjie maak nie die somer nie. ['n Mens veralgemeen nie n.a.v. een geval nie.]
• Een bont kraai maak nog nie die somer nie. [Uit een enkele geval kan nie 'n algemene gevolgtrekking gemaak word nie.]

Antoniem:
• winter

Hiponiem:
• midsomer
• nasomer
• voorsomer

Afgelei:
• somerdag
• somermaand
• somerslaap

Vertaling:
Engels: summer
Nederlands: zomer
Venda: tshilimo
Xhosa: ihlobo
Zoeloe: ihlobo

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: tand
Volgende onderwerp: tande
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 10:15:47 MGT 2024