Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vuur
vuur [boodskap #126709] Vr, 21 Junie 2019 19:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Veldbrand.
'n Veldbrand.
vuur
Afbreking: vuur
Uitspraak: /fɨːr/




Selfstandige naamwoord: vuur
Meervoud: vure
Verkleinwoord: vuurtjie
Meervoud van verkleining: vuurtjies

Betekenis:
• Vlamme, hitte en lig as gevolg van verbranding.

Gebruik:
• Die brandweer probeer om die vuur te blus.

Spreekwoord:
• Jy speel met vuur. [Jy bemoei jou met gevaarlike sake.]
• Kruit en vuur wees. [Kwaaivriende wees.]
• Langs een vuur sit. [Van dieselfde opinie wees.]
• Maak vuur onder hom. [Aanpor.]
• Vuur en vlam spoeg. [Baie kwaad wees.]
• Dis olie op die vuur. [Die moeilikheid of toestand word daardeur vererger.]
• Geen rook sonder vuur nie. [Elke gerug het 'n kern van waarheid.]
• Hy blaas net die vuur aan. [Hy sweep gevoelens op.]
• Hy sal vir jou deur die vuur loop. [Bereid wees om enigiets vir iemand te doen.]
• 'n Kooltjie vuur kom haal. [Net 'n oomblikkie op 'n plek kuier.]
• Sy is vuur en vlam. [Baie geesdriftig wees.]
• Te veel ysters in die vuur hê. [Met te veel sake tegelyk besig wees.]
• Wie die naaste aan die vuur sit, word die warmste. [Persone in gunstige posisies kry voorkeur.]
• Vir iemand die kastaiings uit die vuur haal. ['n Moeilike, vuil of gevaarlike werk vir 'n ander doen.]
• Bewaar elke splinter vir die vuur in die winter. [Maak in voorspoed bymekaar vir tye wanneer daar 'n skaarste is.]

Afgelei:
• braaivleisvuur
• vreugdevuur
• vredevuur
• vuurklip
• vuurpoel
• vuurproef
• vuurslag
• vuurtoring
• vuurwapen
• vuurwarm

Vertaling:
Engels: fire
Nederlands: vuur
Swazi: umlilo
Venda: mulilo
Xhosa: umlilo
Zoeloe: umlilo


Werkwoord: vuur
Verlede tyd: het gevuur

Betekenis:
• Skiet met 'n vuurwapen.

Gebruik:
• Die vrou vuur een skoot in selfverdediging.

Afgelei:
• afvuur

Vertaling:
Engels: to fire
Nederlands: vuren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dikderm
Volgende onderwerp: maand
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 02:45:00 MGT 2024