Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » huil
huil [boodskap #126637] Sa, 15 Junie 2019 09:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kind wat huil.
'n Kind wat huil.
huil
Afbreking: huil




Werkwoord: huil
Verlede tyd: het gehuil
Teenwoordige deelwoord: huildende

Betekenis:
• Trane stort wanneer 'n mens hartseer is of seerkry (en soms ook van vreugde); traanvog afskei.
• (dieregeluid) Die geluid wat 'n jakkals, wolf, hond of hiëna maak.
• 'n Lawaai maak; raas.

Gebruik:
• Die meisie huil ontroosbaar omdat sy nie haar ma kan kry nie.
• 'n Wolf huil onheilspellend in die verte.
• Die wind huil en fluit deur die krake in die mure.

Spreekwoord:
• Trane met tuite huil. [Bitterlik huil.]
• Hy huil krokodiltrane. [Hy huigel; is geveins.]
• Lang trane huil. [Baie spyt wees oor iets wat jy gedoen het.]
• Iets doen dat die byle huil. [Iets met groot inspanning doen.]
• Waar twee ruil, moet een huil. [Een trek altyd aan die kortste end by 'n ruilery.]
• Van lag kom huil. ['n Waarskuwing veral aan kinders teen lawaaierige pretmakery.]
• Blaf saam met die honde en huil saam met die wolwe. [Stem met persone van verskillende menings saam.]
• Moet is dwang, huil is kindergesang. ['n Ouer hoef nie noodwendig iets te doen as die kind kerm of dit vra nie.]

Sinoniem:
• grens
• ween
• tjank

Antoniem:
• lag

Verwant:
• snik
• huilerig

Vertaling:
Engels: to cry, weep, howl
Nederlands: huilen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aardverwarming
Volgende onderwerp: kleintongetjie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 20:05:18 MGT 2024