Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » maag
maag [boodskap #126611] Vr, 14 Junie 2019 06:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Iemand se maag steek uit.
Iemand se maag steek uit.
Nommer 2 is die maag, tussen die slukderm (1) en die dunderm (3).
Nommer 2 is die maag, tussen die slukderm (1) en die dunderm (3).
maag
Afbreking: maag




Selfstandige naamwoord: maag
Meervoud: mae (mage)
Verkleinwoord: magie
Meervoud van verkleining: magies

Betekenis:
• Voorste deel van die lyf, onder die bors en bo die dye.
• (anatomie) Deel van die liggaam waarheen kos gaan nadat dit geëet is; orgaan wat voedsel verteer om metaboliese prosesse te onderhou.

Gebruik:
• Die man is in die maag geskiet toe hy sy kinders probeer beskerm het.
• Die maag is 'n boontjievormige, hol en gespierde sak in die liggaam van 'n mens of dier.

Spreekwoord:
• Op jou nugter maag. [Voordat jy geëet het.]
• 'n Maag soos 'n volstruis hê. [Alles kan eet.]
• Van jou maag 'n wolsak maak. [Vraatsugtig wees.]
• Hy maak 'n afgod van sy maag. [Vraatsugtig wees.]
• Jy kan dit op jou maag skrywe. [Daar sal niks van kom nie.]
• Sy oë is groter as sy maag. [Hy het meer ingeskep as wat hy kan opeet.]

Verwant:
• buik
• pens
• abdomen

Afgelei:
• maagkrul
• maagpyn
• maagseer
• maagsuur
• maagwand
• maagwerking
• volstruismaag

Vertaling:
Engels: stomach, belly, gut
Nederlands: maag

Nota:
• 'n Mens het 'n maag; 'n dier het 'n pens.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vrees
Volgende onderwerp: rampokker
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 01:45:15 MGT 2024