Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dink
dink [boodskap #126606] Do, 13 Junie 2019 19:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dink
Afbreking: dink
Uitspraak: /dəŋk/




Werkwoord: dink
Verlede tyd: dag, dog, het gedink, het gedag, het gedog
Teenwoordige deelwoord: dinkende

Betekenis:
• Nadink; geestesarbeid verrig, idees beskou en 'n mening vorm; in die bewussyn bring; die gedagtes laat gaan oor.
• Vermoed; die mening hê; jou iets verbeel, van oordeel wees.

Gebruik:
• Ek dink al lank en hard oor die saak.
• Hoekom dink jy sukkel jy hiermee?

Spreekwoord:
• Hy dink hy is kaas. [Hy dink baie van homself.]
• Hy dink hy is van goud gemaak. [Hy is baie verwaand.]
• Elkeen dink sy uil is 'n valk. [Elkeen dink sy eie is die beste.]
• Elke ma dink haar krummeltjie is 'n brood. [Elke mens dink sy eie is die beste.]
• Hy dink hy is iemand, almal weet hy is niemand. [Hy dink hy is belangrik, maar is glad nie.]
• Elke swart kraai dink sy eier is die witste. ['n Mens verbeel jou altyd jou eie goed is die beste.]
• Jy dink jy het 'n engel aan die vlerk en jy het 'n duiwel aan die stert. ['n Mens moet glad nie na die uiterlike oordeel nie.]
• Moenie dink die kraaie sal vir jou die uintjie bring nie. [Moenie op ander steun om vir jou goed te bring of agter jou aan te loop nie.]

Wisselvorm:
• denk (verouderd)

Sinoniem:
• vermoed

Afgelei:
• bedink
• dinkskrum
• indink
• nadink
• oordink
• verdink
• vooruitdink

Vertaling:
Engels: to think
Nederlands: denken
Venda: u humbula
Xhosa: ukucinga
Zoeloe: ukucabanga

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: nar
Volgende onderwerp: duur
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 01:20:57 MGT 2024