Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bywoord
bywoord [boodskap #126603] Do, 13 Junie 2019 15:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bywoord
Afbreking: by•woord
Uitspraak: /ˈbəɪ̯vuə̯rt/




Selfstandige naamwoord: bywoord
Meervoud: bywoorde
Verkleinwoord: bywoordjie
Meervoud van verkleining: bywoordjies

Betekenis:
• (taalkunde) Woord wat 'n werkwoord, hele sin, byvoeglike naamwoord, telwoord of ander bywoord nader bepaal; omstandigheidswoord.

Gebruik:
• In die sin "Hy werk hard aan die harde beeld" is "hard" 'n bywoord want dit beskryf die werkwoord.
• 'n Bywoord verskaf meer inligting oor plekwaar?, tydwanneer?, wysehoe? of graadhoeveel?.

Sinoniem:
• adverbium

Afgelei:
• bywoordelik

Afkorting:
• bw.
• byw.

Vertaling:
Engels: adverb
Nederlands: bijwoord

Nota:
• Die korrekte volgorde van bywoorde in 'n sin is: tyd - wyse - plek.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: fabel
Volgende onderwerp: vleiland
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 22:12:34 MGT 2024