Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » varkie
varkie [boodskap #126599] Wo, 12 Junie 2019 20:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
varkie
Afbreking: var•kie
Uitspraak: /ˈfɑrki/




Selfstandige naamwoord: vark
Meervoud: varke
Verkleinwoord: varkie
Meervoud van verkleining: varkies

Betekenis:
• (veeteelt) Kleintjie van 'n vark, 'n soogdier met gesplete hoef.
• (soogdier) Baie klein vark.
• (vis) Pomadasys olivaceus, 'n vis wat vanaf Valsbaai tot by Mosambiek aan die Suid-Afrikaanse kus voorkom.

Gebruik:
• Varke kry gemiddeld 10 tot 12 kleintjies, terwyl sommige spesies se werpsel uit slegs een varkie bestaan.
• Sy het 'n pragtige varkie as troeteldier aangeneem.
• Die varkie is 'n silwer-pienk vis wat in vlakwater voorkom en graag skole vorm.

Spreekwoord:
• Sy bont varkie is weg. [Hy is effens mal.]

Vertaling:
Engels: young pig, piglet, piggy
Nederlands: big, varken
Xhosa: intshontsho lehagu

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: woordafbreking
Volgende onderwerp: stofnaam
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 01:16:51 MGT 2024