Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vark
vark [boodskap #126573] Wo, 12 Junie 2019 08:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Vark.
'n Vark.
vark
Afbreking: vark
Uitspraak: /fɑrk/




Selfstandige naamwoord: vark
Meervoud: varke
Verkleinwoord: varkie
Meervoud van verkleining: varkies

Betekenis:
• (veeteelt) 'n Vet dier waarvan 'n mens die vleis en spek kan eet. Nie-herkouende soogdier met gesplete hoef, Sus scrofa.
• Die vleis van hierdie dier.
• (skelwoord) 'n Persoon wat baie mors, slegte maniere het of ongeskik is.

Gebruik:
• 'n Manlike vark is 'n beer, terwyl 'n vroulike vark 'n sog is.
• Ons braai vanaand vark en wors.
• Sies jou vark, moenie so lelik praat nie.

Spreekwoord:
• Hy kan nie 'n vark vang nie. [Hy het bakbene.]
• Met die hele vark gooi. [Grof lieg; erg oordryf.]
• So gelukkig soos 'n vark in modder. [Baie gelukkig.]
• Daar soveel van weet soos 'n vark van politiek. [Heeltemal niks daarvan weet nie.]

Sinoniem:
• otjie

Hiperoniem:
• kleinvee

Afgelei:
• aardvark
• erdvark
• varkbeer
• varksog
• vlakvark

Vertaling:
Engels: pig, hog, swine; pork
Nederlands: varken
Venda: nguluvhe
Xhosa: ihagu
Zoeloe: ingulube

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: woordeboek
Volgende onderwerp: meervoud
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 22:11:53 MGT 2024