Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » maan
maan [boodskap #126544] Ma, 10 Junie 2019 18:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die aarde se maan.
Die aarde se maan.
maan
Afbreking: maan
Uitspraak: /mɑːn/




Selfstandige naamwoord: maan
Meervoud: mane
Verkleinwoord: maantjie
Meervoud van verkleining: maantjies

Betekenis:
• Hemelliggaam wat om 'n planeet draai; byplaneet.
• Die byplaneet van die Aarde.

Gebruik:
• Jupiter se maan, Europa, is bekend vir sy yskors waaronder 'n oseaan met water bestaan.
• Die Apollo 11 het op 21 Julie 1969 op die maan geland.

Spreekwoord:
• Alles is na die maan. [Alles is verlore.]
• Net so min soos die man in die maan. [Glad nie.]
• Teen die maan blaf. [Vergeefse pogings aanwend.]
• Aan die maan wil vat. [Die onmoontlike probeer doen.]
• Hy kan na die maan vlieg. [Nie omgee wat met iemand gebeur nie.]
• Hy glo die maan is van kaas gemaak. [Hom enigiets laat wysmaak.]
• Met die maan gepla wees. [Van lotjie getik wees. Nie by jou volle verstand wees nie.]

Afgelei:
• donkermaan
• maanskyn
• nuwemaan
• sekelmaan
• supermaan
• volmaan

Vertaling:
Engels: moon
Nederlands: maan
Sotho: kgwêdi
Swazi: inyanga
Venda: ṅwedzi, mwedzi
Xhosa: inyanga
Zoeloe: inyanga


Werkwoord: maan
Verlede tyd: het gemaan

Betekenis:
• Aanspoor; waarsku; opwek.
• Aandring op betaling.

Gebruik:
• Die ma het haar kinders gemaan om die gemors op te ruim.

Verwant:
• aanmaan
• vermaan

Vertaling:
Engels: to exhort, urge, warn, admonish; dun
Nederlands: manen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: karakter
Volgende onderwerp: eenheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 01:45:41 MGT 2024