Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » onafhanklikheid
onafhanklikheid [boodskap #126524] So, 09 Junie 2019 16:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19136
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onafhanklikheid
Afbreking: on•af•hank•lik•heid




Selfstandige naamwoord: onafhanklikheid
Meervoud: onafhanklikhede

Betekenis:
• (politiek) Die vermoë om self te beslis sonder deur ander magte geregeer te word.

Gebruik:
• Voor Namibië se onafhanklikheid het die land as Suidwes-Afrika bekend gestaan.
• Soms probeer 'n staat om onafhanklikheid deur middel van 'n onafhanklikheidsverklaring te verkry.

Sinoniem:
• outonomie

Antoniem:
• afhanklikheid

Vertaling:
Engels: independence, autonomy
Nederlands: onafhankelijkheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: soorte
Volgende onderwerp: artikels
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 30 10:09:05 MGT 2024