Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » warm
warm [boodskap #126487] Sa, 08 Junie 2019 14:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20260
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
warm
Afbreking: warm



Byvoeglike naamwoord: warm
Vergrotende trap: warmer
Oortreffende trap: warmste
Attributief: warme
Partitief: warms
Intensief: vuurwarm, witwarm, gloeiwarm, kooltjiewarm, sweetwarm, kokend warm, rooiwarm, snikwarm, stikwarm, helwarm

Betekenis:
• Met 'n taamlik hoë temperatuur; nie koud nie.
• Wat hitte binne hou.
• Wat 'n mens opgewonde of gelukkig en goed laat voel.

Gebruik:
• Sjoe, die vuur is warm!
• Die kombers is lekker warm.
• Die nuwelinge is warm ontvang. Dinge raak nou warm.

Spreekwoord:
• Sy het 'n warm hart. [Goedhartig.]
• Dit is so warm selfs die kraaie gaap. [Dis baie warm.]
• Dis botter op 'n warm klip. [Dis nuttelose moeite.]
• Hy maak dit vir my warm. [Hy maak dit onplesierig.]
• Smee die yster terwyl dit warm is. [Van 'n gunstige geleentheid gebruik maak.]
• Om iets draai soos 'n kat om warm pap. [Iets baie graag wil hê, maar skrikkerig wees om dit te neem.]
• Vars botter en warm brood, is 'n ou man se bittere dood. [Gesê as 'n ou man met 'n jong vrou trou.]
• Al is 'n huis ook hoe arm, hy dek warm. [Al is 'n mens se tuiste armoedig, voel hy daar tog die gelukkigste.]

Antoniem:
• koud

Afgelei:
• warmhartig
• warmpatat

Vertaling:
Engels: hot, warm
Nederlands: warm
Xhosa: shushu

Nota:
• Moenie "warm" met "warem" (die rem van 'n wa) verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: temperatuur
Volgende onderwerp: departement
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 24 18:49:22 MGT 2024