Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skip
skip [boodskap #126472] Sa, 08 Junie 2019 07:00
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19121
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Skip.
'n Skip.
skip
Afbreking: skip




Selfstandige naamwoord: skip
Meervoud: skepe
Verkleinwoord: skippie
Meervoud van verkleining: skippies

Betekenis:
• (skeepvaart) 'n Groot vaartuig vir die vervoer oor water (veral oor die see).
• (boukunde) 'n Grootste ruimte in die lengterigting van 'n kerkgebou.

Gebruik:
• Tussen die duine deur kan jy die skip nog verlangs sien vaar.
• Die skip van die kerk moet vergroot word.

Spreekwoord:
• Eendag gaan my skip kom. [Eendag gaan ek geld kry.]

Afgelei:
• handelskip
• oorlogskip
• passasierskip
• vragskip

Vertaling:
Engels: ship, boat
Nederlands: schip

Nota:
• Versamelnaam: vloot skepe.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: finansiële
Volgende onderwerp: ondersteun
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 09:20:00 MGT 2024