Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » rede
rede [boodskap #126457] Vr, 07 Junie 2019 19:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19129
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
rede
Afbreking: re•de




Selfstandige naamwoord: rede
Meervoud: redes
Verkleinwoord: redetjie
Meervoud van verkleining: redetjies

Betekenis:
• Verklaring van die oorsaak; dit wat iets laat gebeur het.
• Gesonde verstand; vermoë om te dink en te begryp; oordeel.
• 'n Mededeling van woorde; toespraak.
• (weinig gebruik) 'n Ankerplek vir skepe.

Gebruik:
• Wat is die rede vir jou teenwoordigheid?
• Hy wil nie rede verstaan nie.
• Die president het die staatsrede uitgestel.
• Goeree is genoem na die goeie rede (hawe) wat daar te vinde was.

Spreekwoord:
• Hy val my in die rede. [Praat terwyl iemand anders praat.]
• Sommer het nie rede nie, want skilpad dra nie vere nie. [Aan iemand gesê wat die rede vir sy optrede aangee as "sommer".]

Afgelei:
• beweegrede
• hoofrede

Vertaling:
Engels: reason; cause; speach; roadstead, anchorage
Nederlands: rede

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo, 29 Mei 2024 08:56]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: geopen
Volgende onderwerp: lyf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 12:26:22 MGT 2024