Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bron
bron [boodskap #126450] Vr, 07 Junie 2019 17:48
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bron
Afbreking: bron




Selfstandige naamwoord: bron
Meervoud: bronne
Verkleinwoord: bronnetjie
Meervoud van verkleining: bronnetjies

Betekenis:
• 'n Natuurlike fontein; plek waar water uit die aarde opborrel of spuit.
• Plek waar, of materiaal waaruit ander stowwe verkry kan word.
• Die oorsprong of begin van iets; oorsaak.
• Waaruit mens inligting verkry; geskrifte en ander media waaruit gegewens geput word; argiefstuk.

Gebruik:
• Die bron lewer suiwer drinkwater.
• Hierdie mineraal is 'n bron van goud en silwer.
• Die bron van 'n rivier is waar die rivier begin (ontspring).
• Die joernalis beskerm sy bron sorgvuldig.

Sinoniem:
• oorsprong
• oorsaak

Afgelei:
• energiebron
• hulpbron
• oliebron
• bronkode

Vertaling:
Engels: spring, fountain; source, origin
Nederlands: bron, oorsprong

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vrede
Volgende onderwerp: lengte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 17:37:21 MGT 2024