Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » behandel
behandel [boodskap #126439] Do, 06 Junie 2019 20:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
behandel
Afbreking: be•han•del




Werkwoord: behandel
Verlede tyd: het behandel

Betekenis:
• Op 'n bepaalde manier met 'n mens of dier omgaan; wyse waarop daar teenoor iets of iemand opgetree word.
• Medies versorg; verpleeg.
• Oorweeg; ondersoek; bespreek; behandel, oor 'n saak praat of skryf.

Gebruik:
• Die Goue Reël is om ander te behandel soos jy wil hê hulle jou moet behandel.
• Die kwaal word noukeurig behandel.
• Die voorstel moet op die volgende vergadering behandel word.

Spreekwoord:
• Hy word soos 'n hond behandel. [Baie sleg behandel.]
• Iemand uit die hoogte behandel. [Op iemand neersien.]

Verwant:
• behandeling

Vertaling:
Engels: to handle, treat, deal with
Nederlands: behandelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: studente
Volgende onderwerp: Italiaanse
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 22:15:07 MGT 2024