Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » koningin
koningin [boodskap #126430] Do, 06 Junie 2019 18:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
koningin
Afbreking: ko•nin•gin
Samestelling: koning + -in
Uitspraak: /kunəˈχən/, /kunəˈŋən/




Selfstandige naamwoord: koningin
Meervoud: koninginne
Verkleinwoord: koninginnetjie
Meervoud van verkleining: koninginnetjies

Betekenis:
• (regering) 'n Vrou wat oor 'n monargie of koninkryk heers.
• (adel) Die vrou van 'n koning.
• (entomologie) 'n Eierlêende insek, soos met bye.
• (skaak) 'n Stuk in skaak; die belangrikste stuk naas die koning op 'n skaakbord.
• Derde hoogste kaart in 'n pak speelkaarte.

Gebruik:
• Elizabeth II was die koningin van die Verenigde Koninkryk, Kanada, Australië, Nieu-Seeland en ander Statebondslande.
• Die koning word deur die koningin vergesel.
• 'n Hommel se taak is om met 'n koningin te paar.
• As jy soontoe skuif gaan jy jou koningin prysgee.
• Wie het die koningin van harte?

Antoniem:
• koning

Afgelei:
• joolkoningin
• reënkoningin

Spelfout:
• koninging

Vertaling:
Engels: queen
Nederlands: koningin; dame; vrouw
Venda: khosi; mufumakadzi
Xhosa: ukumkanikazi
Zoeloe: indlovukazi, ukhwini; inkosikazi; ukhwini, umesisi

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: nogtans
Volgende onderwerp: uitgevoer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 22:49:22 MGT 2024