Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » terugkeer
terugkeer [boodskap #126422] Do, 06 Junie 2019 06:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18974
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
terugkeer
Afbreking: terug•keer



Werkwoord: terugkeer
Verlede tyd: het teruggekeer

Betekenis:
• Gaan terug na 'n plek of situasie van waar iemand vandaan kom.

Gebruik:
• Die bomwerper moes gereeld na sy basis terugkeer om herlaai te word.
• 'n Swartkolk is 'n gebied in die ruimte waaruit niks kan terugkeer nie.

Sinoniem:
• teruggaan

Vertaling:
Engels: to return, go back
Nederlands: terugkeren


Selfstandige naamwoord: terugkeer
Meervoud:

Betekenis:
• Die handeling van teruggaan na 'n vroeëre plek of situasie.

Gebruik:
• Victor Matfield maak sy terugkeer as kaptein in Junie 2014 nadat Jean de Villiers beseer is.

Vertaling:
Engels: return
Nederlands: terugkeer

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: KwaZulu-Natal
Volgende onderwerp: soldate
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 06:35:17 MGT 2024