Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ver
ver [boodskap #126406] Wo, 05 Junie 2019 13:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ver
Afbreking: ver
Uitspraak: /fɛr/




Byvoeglike naamwoord: ver
Vergrotende trap: verder
Oortreffende trap: verste
Attributief: vere
Partitief: ver
Intensief: doodver, vrekver

Betekenis:
• Op 'n groot afstand.
• Die vordering met iets.

Gebruik:
• Die son is ver van die aarde af.
• Hoe ver is jy met jou huiswerk?

Spreekwoord:
• Hy gaan te ver. [Hy oorskry alle grense.]
• Praat gou, want ek woon ver. [Moenie so langdradig wees nie.]
Ver van jou goed, naby jou skade. [As jy nie self jou sake behartig nie, moet jy verliese verwag.]
• Die appel val nie ver van die boom nie. [Die geaardheid van die ouers word deur die kinders oorgeërf.]

Antoniem:
• naby

Vertaling:
Engels: far, distant
Nederlands: ver

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: klassieke
Volgende onderwerp: Spanje
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 22:18:46 MGT 2024