Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » krag
krag [boodskap #126404] Wo, 05 Junie 2019 12:52
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20260
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
krag
Afbreking: krag




Selfstandige naamwoord: krag
Meervoud: kragte
Verkleinwoord: kraggie
Meervoud van verkleining: kraggies

Betekenis:
• Hoe sterk iemand is of voel; geestelike en fisiese vermoë.
• Elektrisiteit; elektriese energie wat opgewek word.
• Faktor wat invloed uitoefen; vermoë; uitwerking.
• (wetenskap) 'n Uitwendige oorsaak wat ongehinderd deur andere kragte die bewegingstoestand van 'n liggaam verander.

Gebruik:
• Ek het nie nou krag om die gras te sny nie.
• Die weer het die krag uitgeslaan.
• Ek het vertroue in die Afrikaner se krag om sy taal te handhaaf en te bou.
• Newton definieer F as die produk m•a, waar F die krag voorstel, m die traagheid van die liggaam en a die versnelling van die voorwerp se beweging.

Spreekwoord:
• 'n Mens ontvang krag na kruis. [Krag om leed en beproewing te aanvaar.]

Hiponiem:
• geesteskrag
• kernkrag
• lewenskrag
• liggaamskrag
• slaankrag
• trefkrag
• veerkrag

Afgelei:
• kragonderbreking
• kragteloos

Vertaling:
Engels: strength, force, power, vigour, enegry
Nederlands: kracht

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verhoog
Volgende onderwerp: klassieke
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Sep 25 13:10:50 MGT 2024