Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verhoog
verhoog [boodskap #126403] Wo, 05 Junie 2019 12:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19407
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Saal met die verhoog voor.
'n Saal met die verhoog voor.
verhoog
Afbreking: ver•hoog



Selfstandige naamwoord: verhoog
Meervoud: verhoë
Verkleinwoord: verhogie
Meervoud van verkleining: verhogies

Betekenis:
• 'n Verhoogde plek, tipies in 'n saal vanwaar toesprake en optredes gehou word; 'n podium.

Gebruik:
• Die skoolhoof het op die verhoog geklim om die skoliere toe te spreek.
• Sy het 'n staande ovasie gekry toe sy op die verhoog stap.

Afgelei:
• swaaiverhoog
• verhoogakteur
• verhoogdebuut
• verhoogkuns
• verhoogkunstenaar
• verhoogopset
• verhoogoptrede
• verhoogpersoonlikheid
• verhoogrol
• verhoogskag
• verhoogspel
• verhoogstuk
• verhoogstyl
• verhoogvertoning
• verhoogvrees
• verhoogwaardig
• verhoogwerk

Vertaling:
Engels: stage, platform
Nederlands: verhoog


Werkwoord: verhoog
Verlede tyd: het verhoog

Betekenis:
• Hoër of meer gemaak.

Gebruik:
• Die damwal is met 10 meter verhoog.
• BTW is onlangs na 15% verhoog.

Sinoniem:
• vermeerder

Antoniem:
• verlaag

Afgelei:
• verhoogbaar
• verhoogde

Vertaling:
Engels: to raise, increase
Nederlands: verhogen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: soek
Volgende onderwerp: krag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 23 19:55:51 MGT 2024