Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » soek
soek [boodskap #126402] Wo, 05 Junie 2019 12:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20260
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
soek
Afbreking: soek




Werkwoord: soek
Verlede tyd: het gesoek
Teenwoordige deelwoord: soekende
Verlede deelwoord: gesoekte, gesogte

Betekenis:
• Probeer iets wat verlore/versteek is te vind; om op te spoor.
• Rusie wil maak; skoor soek; iemand opsetlik kwaad maak.

Gebruik:
• Help my om na my brille te soek.
• Jy soek vir my!

Spreekwoord:
• Witvoetjie soek. [Probeer om in iemand se guns te kom.]
• Rusie soek. [As jy iemand beledig, kan jy moeilikheid daarop verwag.]
Soek herwaarts en derwaarts. [In alle rigtings soek.]
• Soort soek soort. [Persone met dieselfde karakter en belangstelling gaan graag met mekaar om.]
• Na 'n naald in die hooimied soek. ['n Onbegonne taak onderneem.]
• Wors in 'n hondehok soek. [Iets op 'n baie onwaarskynlike plek soek.]
• Spykers op laagwater soek. [Ongegronde aanmerkings maak.]
• Beter soek en slegter kry. [Gesê van iemand wat telkens van beroep verander.]
• Ek soek nie wat ek nie verloor nie. [Ek bemoei my nie met sake wat my nie aangaan nie.]
• Sit op die kol, soek na die kol. [Gesê vir iemand wat vlak teen 'n voorwerp is wat hy soek.]
• As jy self agter die deur staan, soek jy 'n ander ook daar. [Jou eie gebreke sien jy maklik in 'n ander ook raak.]

Verwant:
• soeke
• soekgebied
• soeklig
• soektog

Vertaling:
Engels: to search, seek
Nederlands: zoeken


Selfstandige naamwoord: soek
Meervoud: soeks
Verkleinwoord: soekjie
Meervoud van verkleining: soekjies

Betekenis:
• 'n Oordekte straatjie in Noord-Afrika en die Midde-Ooste, met winkels en werkswinkels.

Gebruik:
• Ons gaan vanmiddag die inkopies by die soek doen.

Sinoniem:
• basaarstraat

Vertaling:
Arabies: سوق (sūq)
Engels: market, souq, bazaar, street of shops
Nederlands: soek

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: eventueel
Volgende onderwerp: verhoog
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Sep 25 12:59:50 MGT 2024