Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » eventueel
eventueel [boodskap #126401] Wo, 05 Junie 2019 07:30
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19407
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
eventueel
Afbreking: even•tu•eel



Byvoeglike naamwoord: eventueel
Attributief: eventuele

Betekenis:
• Miskien; dalk; moontlik; indien dit sou gebeur; iets wat sou kon wees maar nie noodwendig so is nie.
• (anglisisme) Uiteindelik ('n direkte vertaling van "eventually", dus 'n valse vriend).

Gebruik:
• As my kar eventueel sou gaan staan, kan ek op my kollega staatmaak. Alle eventuele onkostes sal vergoed word.
Eventueel het my ou karretjie toe wel gaan staan.

Afgelei:
• eventualiteit

Vertaling:
Engels: possible, potential, occasional; eventual
Nederlands: eventueel


Bywoord: eventueel

Betekenis:
• In 'n gepaste geval; miskien; indien nodig.

Gebruik:
• Die vonnis sal eventueel uitgespreek word.

Vertaling:
Engels: possibly, occasionally; eventually
Nederlands: eventueel

Nota:
• Die woord "eventueel" in Afrikaans het die Franse betekenis van "miskien in die toekoms", nie "uiteindelik" soos in Engels nie, hoewel hier moontlik taalverskuiwing ter sprake is.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: persoonlike
Volgende onderwerp: soek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 23 20:02:38 MGT 2024