Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wissel
wissel [boodskap #126393] Wo, 05 Junie 2019 06:15
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19407
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wissel
Afbreking: wis•sel




Selfstandige naamwoord: wissel
Meervoud: wissels
Verkleinwoord: wisseltjie
Meervoud van verkleining: wisseltjies

Betekenis:
• Verskuifbare spoor wat 'n trein van trajek laat verander.
• (ekonomie) Skuldbewys; bankdokument wat betaling reël of waarborg.

Gebruik:
• Die ongeluk is deur 'n wissel wat vasgehaak het veroorsaak.
• Die transaksie word met gewaarborgde wissel beklink.

Vertaling:
Engels: switch; bill of exchange
Nederlands: wissel


Werkwoord: wissel
Verlede tyd: het gewissel
Teenwoordige deelwoord: wisselende

Betekenis:
• Omruil; vir iets ander ruil.
• Verander; varieer; deur iets anders vervang.

Gebruik:
• Waar kan mens rande vir euro wissel?
• Net soos met jeans, wissel denimrompe se kleure, wat wissel van lig- tot donkerblou.

Vertaling:
Engels: to change, exchange
Nederlands: wisselen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: swaar
Volgende onderwerp: prins
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 23 19:45:39 MGT 2024