Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » swaar
swaar [boodskap #126392] Wo, 05 Junie 2019 06:08
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19407
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
swaar
Afbreking: swaar




Byvoeglike naamwoord: swaar
Vergrotende trap: swaarder
Oortreffende trap: swaarste
Attributief: swaar (sware)
Partitief: swaars
Intensief: loodswaar

Betekenis:
• Wat 'n hoë gewig het; baie weeg en nie lig is nie.
• (figuurlik) Wat moeite kos; nie maklik is nie; moeilik.
• (figuurlik) Wat baie ernstig is.

Gebruik:
• Cornelius sukkel om die swaar boks op te tel.
• Die toets was maar swaar.
• Die stout kinders is swaar gestraf.

Vergelyking:
• So swaar soos lood.

Antoniem:
• lig

Vertaling:
Engels: heavy, massive; difficult, hard; severe, heavily
Nederlands: zwaar

Nota:
• Pas op om nie "swaar" met "swaer" te verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hierin
Volgende onderwerp: wissel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 23 19:38:22 MGT 2024